Offbeat
Weird Wide Web – Hierdie is meer as 'n vlieg in die salf!─── 15:36 Thu, 23 Nov 2023

“Hy vermoed die vlieg het moontlik die man se liggaam deur sy mond of anus binnegedring.”
Dokters in die Amerikaanse deelstaat Missouri was geskok nadat hulle ’n kolonoskopie op ’n 63-jarige man gedoen het – binne sy ingewande was ’n vlieg. Die man was by die hospitaal vir ’n roetine kolonkanker-toets. Dit is ’n ongemaklike ondersoek wat behels dat ’n kamera in jou ingewande rondbeweeg.
Hulle kon nie glo toe hulle die ongeskonde vlieg opgemerk nie. Hoe die vlieg daar beland het weet niemand nie. Dit vlieg het wel nie beweeg toe daar teen hom gestamp is nie. Kenners van die Universiteit van Missouri het die man ondervra maar hy kon geen verduideliking vir die vlieg gee nie.
Lees ook: Weird Wide Web – Kunstenaar skok met sy sosiale eksperiment
Die man het geen vreemde simptome gehad nie en het die vorige dag net vloeistof gedrink soos wat vereis word voor ’n kolonoskopie gedoen kan word. Hy het wel twee dae voor die prosedure ’n pizza en blaarslaai geëet. Dit blyk die enigste verklaring te wees hoe hy die vlieg kon ingesluk het.
In buitengewone gevalle kry mense eiers of larwes in wat deur vlieë in vrugte of groente gelê is. Vlieë oorleef op een of ander manier die maagsuur en broei dan in die ingewande uit.
Matthew Bechtold, die hoof van gastroënterologie aan die Universiteit van Missouri, het aan The Independent gesê hy vermoed dit het moontlik die man se liggaam deur sy mond of anus binnegedring.
Hy sê dit is vreemd dat verteringsensieme en maagsuur nie die vlieg verteer het. Maak volgende keer eerder seker jy was jou vrugte en groente deeglik voor jy dit eet!
Lees meer