On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Valtteri Bottas wys sy agterstewe vir Movember

───   15:20 Tue, 05 Dec 2023

Weird Wide Web – Valtteri Bottas wys sy agterstewe vir Movember | News Article
Beeldbron: reuters.com

“Met die skenkings en die kalenders het ons saam ’n aansienlike bedrag vir @Movember ingesamel.”

Die Finse F1-renjaer Valtteri Bottas het $150 000 vir Movember ingesamel. Sy Bottass 2024-kalender het blitsig uitverkoop danksy sy naakte agterstewe. Aanvanklik is 10 000 kalenders gedruk en vir elkeen wat verkoop is, is $5,46 geskenk vir navorsing oor prostaatkanker. Dit is so gewild dat nog kalenders gedruk moes word.

“Baie dankie vir al die ondersteuning in November. Met die skenkings en die kalenders het ons saam ’n aansienlike bedrag vir @Movember ingesamel," het Bottas op sosiale media aangekondig. “Die finale syfers sal binnekort beskikbaar wees, maar in die stadium praat ons van sowat $150 000 wat ingesamel is!”

Die idee vir ’n kalender het ontstaan nadat die Australiese fietsryer Tiffany Cromwell ’n foto van hom geneem het waar hy kaal in ’n stroompie in Aspen, Colorado gelê het. Bottas en die fotograaf Paul Ripke het toe besluit dit moet ’n kalender word.

Bottas sê hy het baie navrae gekry oor hoekom hy nou juis sy agterstewe vir almal wys. Hy sê toe hy noem dit is vir liefdadigheid het almal besef hoe baie pret hulle gehad het om die foto’s te neem.  Sy ma, Marianne Välimaa, kan nie baie goed Engels verstaan nie en hy moes mooi verduidelik nadat sy die video van die kalender gesien het.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.