On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Die man wat 'n vliegtuig geëet het

───   15:13 Wed, 06 Dec 2023

Weird Wide Web - Die man wat 'n vliegtuig geëet het | News Article
Beeldbron: ripleys.com

Gelukkig vir die Fransman kon hy byna enigiets veilig verteer en so het sy loopbaan as Monsieur Mangetout (Mr. Eat-all) begin.

Michel Lotito is gebore met ’n veerkragtige spysverteringstelsel,  superdik maagvoering en ingewande. Dit het beteken dat hy amper enigiets kon eet, maar besluit toe op ’n vliegtuig.
Kom ons vind eers uit wie hy regtig was.

Hy is op 15 Junie1950 in Grenoble, Frankryk gebore. Op negejarige ouderdom het hy agtergekom hy kan byna alle onverteerbare dinge soos glas en metaal eet sonder om iets oor te kom.

Lees ook: OFM journalist named one of country’s best

Dit het glo begin met ’n glas wat gebreek het terwyl hy daaruit gedrink het. Hy het die stukkies glas begin kou. Dokters het bevind hy ly aan ’n eetversteuring wat hom lus maak vir buitengewone voorwerpe.

Gelukkig vir hom kon hy byna enigiets veilig verteer en so het sy loopbaan as Monsieur Mangetout (Mr. Eat-all) begin. Die Franse vermaaklikheidster moes egter steeds goed vir homself sorg deur die metaalvoorwerpe in kleiner stukke te sny vir maklike vertering. Hy kon byna ’n kilogram se metaal per dag eet.

Lees ook: OFM producer wins national award

In sy loopban het hy agt fietse, sewe TV-stelle, twee beddens, 15 supermarktrollies, 'n rekenaar, 'n kis (handvatsels ingesluit), 'n paar ski's en ses kandelare verorber. Die hoogtepunt was toe hy
in 1978  begin het om 'n hele Cessna 150 te eet. Dit was ’n moeilike proses wat twee jaar geneem het.

Lotito is op 25 Junie 2007 op 57-jarige ouderdom aan natuurlike oorsake dood. Die soort eetversteuring bekend as pica kan gevaarlik wees omdat van die voorwerpe lood kan bevat. Die arme man kon nooit sagte kosse soos piesangs eet nie. Dit was vermoedelik ’n newe-effek van sy sterk maagsure. Een ding weet ons beslis niemand sal hom ooit kan vergeet nie.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.