Offbeat
Weird Wide Web – Meisie nies meer as 'n duisend keer per dag!─── 15:16 Thu, 07 Dec 2023
Dit het so erg begin word dat sy 20 keer per minuut nies.
Katelyn Thornley van die Amerikaanse deelstaat Texas het ’n pynlike mediese toestand wat veroorsaak dat sy meer as ’n duisend keer per dag nies. Ons almal nies vir een of ander rede maar Thornley kan nie ophou nie en moet permanent ’n sneesdoekie byderhand hou. Dit is ook baie pynlik want haar liggaam bly gereedmaak vir die volgende niesbui.
Dit het op 12-jarige ouderdom begin ná ’n musiekles in klarinet. Aanvanklik was dit net ’n paar keer wat sy genies het. Dit het later so erg begin word dat sy 20 keer per minuut nies – 12 000 keer per dag.
Katelyn het vermoed dat sy allergies is vir iets en dat dit gou sal ophou maar dit het nie. Dit het daartoe gelei dat sy nie ’n sin kon voltooi sonder om te nies nie. Sy moes noodgedwonge ophou skool gaan en kan ook nie meer klarinet vir die orkes bespeel nie.
Lees ook: Conspiracy Corner – Did Christina Aguilera get some work done?
“Sy kan nie skool toe gaan of iets normaal doen nie. Sy kan ook nie behoorlik eet of drink nie. Die genies oorheers haar hele lewe,” sê haar ma, Erika Hodges. Dokters by die Texas-kinderhospitaal kon ook nie bepaal wat dit veroorsaak nie en beskou dit as ’n unieke geval.
Teen September 2015 was sy al ny meer as ses dokters maar niemand kon haar help nie. Haar pa,Travis, sê hy onthou ’n keer waar sy 45 minute lank genies het. Hy sê al wat hy kon doen was om haar vas te hou tot sy aan die slaap raak.
“Ek wens ek kon my liggaam vir 'n rukkie los sodat ek kan kyk hoe ek slaap. Want selfs in my drome nies ek," sê sy. Ná agt jaar is daar geen amptelike opdatering van haar toestand nie.
