On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Wat is agter jou kas in jou hotelkamer?

───   15:06 Mon, 11 Dec 2023

Weird Wide Web – Wat is agter jou kas in jou hotelkamer?  | News Article

"Dit lyk soos ’n toneel uit ’n gruwelfliek,” was iemand se kommentaar oor haar video.

Diana Álvarez van Puebla in Mexiko het ’n vreemde video op TikTok geplaas. Sy het haar hotelkamer verfilm en ’n onopvallende klerekas in haar kamer gewys wat naby ’n losstaande bad is.

Mirror.co.uk, berig toe sy die kas oopmaak het alles normal gelyk, maar toe besef die agterkant van die kas is in twee helftes verdeel. Diana het hul sleutelkaart gebruik om die paneel oop te maak en ’n geheimsinnige gang gevind.

Sy wys ook hoe sy nog ’n deur kry wat na ’n donker en spookagtige tonnel lei.

"Dit lyk soos ’n toneel uit ’n gruwelfliek", was iemand se kommentaar oor haar video. Ander vergelyk dit met Narnia, maar net baie spokerig. Hoewel sy nie die hotel se naam noem nie het mense afgelei dat die hotel in Chili is. Dit is glo nie so vreemd nie want dit is gebou om tydens aardbewings te gebruik as jy op ’n baie hoë vloer is.

Kyk die video hier.

“Baie hotelle het versteekte gange agter die mure waarvan net hulle weet. In motelle gebruik hulle dit om te spioeneer,” sê iemand wat na die video gekry het. Die persoon sê sy suster werk by ’n hotel en die eienaar was betrokke by gevaarlike mense. En die tonnels was vir hom om te ontsnap indien hulle hom by die hotel kom soek.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.