Offbeat
Weird Wide Web – Raaisel bepaal glo of iemand ’n psigopaat is─── 15:19 Mon, 18 Dec 2023
Kan ’n raaisel bepaal of jy ’n psigopaat is?
Jou eks het jou dalk een keer ’n psigopaat genoem, terwyl julle iewers heen gery het, maar het jy ooit gewonder of hy reg was? Jy kan dit nou bepaal deur ’n ontstellende raaisel te probeer oplos. Jou antwoord kan glo bepaal of jy iemand soos Patrick Bateman in American Psycho is en of jy meer is soos die sekretaresse Jean wat nie dieselfde moorddadige neigings as haar baas het nie.
Om ’n raaisel alleen op te los is gewoonlik ’n rede vir feesviering – maar as jy hierdie een reg beantwoord dink jy dalk soos ’n psigopaat. As iemand net Patrick Bateman (Christian Bale) se vaardighede met raaisels getoets het, kon dit ons baie bloederige tonele gespaar het.
Lees ook: Feel Good Friday – Dramagroep laat drome waar word
Dalk is dit juis sy vermoë om sy dubbele lewe weg te steek wat van hom ’n psigopaat maak. Bedags is hy ’n ryk beleggingsbankier en saans ’n reeksmoordenaar.
Hier is die raaisel:
Op haar ma se begrafnis ontmoet ’n vrou ’n onbekende man. Sy dink hierdie man is dalk haar droomman en kan die liefde van haar lewe wees. Sy het egter nooit vir sy naam of nommer gevra nie en kon agterna niemand kry wat weet wie hy is nie. ’n Paar dae later vermoor die vrou haar suster. Hoekom het sy dit gedoen?
Daar is natuurlik baie redes waarom die vrou haar suster vermoor het, terwyl sy halsoorkop vir ’n begrafnisganger geval het.
Het jy daarin geslaag om die motief vir die moord te bepaal? As jy geraai het dat sy dit gedoen het in die hoop dat die geheimsinnige man by haar suster se begrafnis sou opdaag sodat sy hom weer kan sien, is jy heeltemal reg. En, blykbaar, ’n psigopaat.
Onthou net dokters kan bepaal of jy wel ’n psigopaat is, maar hierdie is steeds iets om oor te dink.
