On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrolike oggendvinkie, jy is dalk ’n afstammeling van Neanderdalmense

───   15:23 Wed, 10 Jan 2024

Weird Wide Web – Vrolike oggendvinkie, jy is dalk ’n afstammeling van Neanderdalmense | News Article
Foto: livescience.com

Nuwe navorsing toon dat oggendmense waarskynlik hul gene van Neanderdalmense geërf het.

Die Neanderdalmense was oermense wie se voorouers ongeveer 700 000 jaar gelede van ons s'n geskei het. Terwyl ons voorouers in Afrika gebly het, het die Neanderdalmense na Europa en Asië getrek. Ongeveer 70 000 jaar gelede het ons moderne voorouers ook in Europa en Asië gaan bly. Daar het hulle die Neanderdallers ontmoet, wat toe al baie beter by die kouer klimaat aangepas het.

Die laaste Neanderdalmense het 40 000 jaar gelede gesterf. As gevolg van inteling met ons voorouers kan moderne mense tussen 1% en 4% van die Neanderdalmense se DNS hê. Wetenskaplikes vermoed van ons het nou die geen van hulle gekry wat ons oggendmense maak.

Om te sien of sommige mense vandag Neanderdal-weergawes van hierdie gene het, het die wetenskaplikes die UK Biobank se genetiese data van 'n halfmiljoen mense ontleed. Hulle het bevind mense wat hul geen het, is meer geneig om oggendmense te wees.

Neanderdalmense se biologiese klok het waarskynlik verskil afhangende waar hulle gebly het. Ons voorouers het meestal in Afrika gewoon wat nader aan die ewenaar is en waar die lengte van die dag nie veel verander in die jaar nie.

Die Neanderdalmense het in die Noordelike Halfrond gewoon waar die dae lank in die somer en kort in die winter is. Daarom het hul biologiese klok daarby aangepas. Van ons se liggame het dus beter aangepas by die Noordelike Halfrond se seisoene.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.