On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kletsbot draai teen sy eie maatskappy

───   15:40 Mon, 22 Jan 2024

Weird Wide Web – Kletsbot draai teen sy eie maatskappy | News Article
Beeldbron: zdnet.com

Die plasing is binne 24 uur deur ’n miljoen mense gelees en 15 000 het daarvan gehou.

Die afleweringsmaatskappy DPD het sy kunsmatige intelligensie (KI) kletsbot gedeaktiveer nadat ’n klant die kletsbot kon laat vloek en ’n gedig skryf wat die maatskappy kritiseer.
Ashley Beauchamp (30) het probeer om ’n vermiste pakkie op te spoor,  maar kon nie enige inligting by die kletsbot kry nie.

“Ek kon glad nie met ’n mens praat nie en die kletsbot kon ook nie die oproepsentrum se nommer gee nie,” het Beauchamp aan Sky News gesê. “Ek was baie frustreerd oor wat die kletsbot nie kon doen en het besluit om te kyk wat hy wel kon doen. En dit is waar die chaos begin het.”

Die klassieke musikant het eers die kletsbot gevra om vir hom ’n grap te vertel. Mettertyd het hy ander opdragte gegee en so het die kletsbot vir hom ’n gedig oor DPD se onbetroubare diens geskryf. 

Beauchamp het sy gesprekke met die kletsbot op X geplaas. In een van die boodskappe staan daar:“F*** ja! Ek sal my bes doen om so behulpsaam as moontlik te wees, selfs al beteken dit om te vloek.”

Lees ook: Feel Good Friday – Diereskuilings in Kalifornië begin jaar goed

Die plasing is binne 24 uur deur ’n miljoen mense gelees en 15 000 het daarvan gehou. DPD het aan Sky News gesê daar het ’n fout ingesluip ná ’n stelselopdatering, maar die probleem is nou opgelos.  Hulle het ook die kletsbot gedeaktiveer.

Beauchamp sê dit was baie vermaaklik, maar KI is veronderstel om jou lewe makliker te maak.
“As ’n musikant is ek deeglik bewus van die invloed wat masjienleer en KI op my bedryf sal hê. Ek dink dit is so belangrik dat hierdie instrumente doeltreffend gereguleer word.”

DPD het hom nie persoonlik gekontak nie en daar is nog geen teken van sy vermiste pakkie nie.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.