On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Ontspan, lughawens het skandeerders verander!

───   15:21 Tue, 23 Jan 2024

Weird Wide Web – Ontspan, lughawens het skandeerders verander! | News Article
Foto: ladbible.com

Lughawens is gedwing om hul veiligheidsmaatreëls te verander, omdat dit aanstoot kan gee.

Om verby veiligheidspersoneel by ’n lughawe te kom is byna ’n militêre proses. Jy plaas jou besittings op ’n skinkbord, maak seker dat sommige vloeistowwe nie in jou handbagasie is nie en dan hou hulle jou met ’n valkoog dop.

Lughawens het X-straalmasjiene begin gebruik wat jou van kop tot tone ontleed om seker te maak daar is nie enige bedreigings nie. Die proses is natuurlik baie beter as om fisiek deur iemand deursoek te word. Baie mense besef nie die skandeerders wat Amerika se Vervoersekuriteitsadministrasie (TSA) gebruik jou hele liggaamsbeeld toon met jou arms in die lug.

Lughawens het die tegnologie begin gebruik ná die mislukte bomaanval op Kersdag in 2009 toe Umar Farouk Abdulmutallab plastiekplofstof in sy onderklere versteek het op ’n vlug van Amsterdam na Detroit. Die probleem met die nuwe liggaamskandeerders was dat dit alles wys.
Altesaam 174 skandeerders was destyds gebruik in 30 Amerikaanse lughawens en almal het 'n volledige nakende X-straal van elke passasier vertoon. In 2013 is die skandeerders by tien van Brittanje se grootste lughawens  gebruik.

Die doeltreffendheid van die Rapiscan-skandeerders – wat $180 000 elk gekos het – het tot omstredenheid gelei omdat mense gevoel het hul regte word geskend. Lughawens is in Junie 2013 gedwing om die gebruik daarvan te staak.

Lees ook: Teatermaker van Vrystaat geesdriftig oor poppe wat stories vertel

Deesdae gebruik die meeste lughawens millimetergolfskandeerders wat elektromagnetiese straling gebruik om die persoon wat in die masjien staan, te assesseer sonder om hul grootte, gewig, lengte, geslagsdele of selfs tampons op te tel. Shawna Malvini Redden, ’n kommunikasienavorser wat die TSA sedert 2010 bestudeer het, het aan Readers Digest gesê: “Vroeë weergawes van die skandeerders het sonder enige privaatheidsbeskerming uitgekom, en veiligheidspersoneel kon na hul naakte beelde kyk.

“Nou wanneer passasiers geskandeer word, is die masjiene veronderstel om generiese beelde van ’n liggaam te wys in plaas van die passasier se unieke beeld.

“Millimetergolfbeeldtegnologie bespeur nie items binne 'n passasier se liggaam of dring die vel binne nie.”

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.