On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Druk die rooi knoppie!

───   15:24 Mon, 29 Jan 2024

Weird Wide Web – Druk die rooi knoppie!  | News Article
Foto: upi.com

Klante besoek nou die kleedkamers net om dit te beleef.

’n Groep geriefswinkels in die Amerikaanse deelstaat Kentucky is gewild op sosiale media en lok baie klante vanweë hul unieke plan. Hulle het groot rooi knoppies in hul kleedkamers geïnstalleer met ’n bordjie wat lees: “Moenie hierdie knoppie druk nie.”

Mary Moss, die bestuurder in Walton, sê daar is ’n foto van ’n oogknippende gelukbringer Hopper the Frog want klante aanmoedig om wel die knoppie te druk.

As die klant die knoppie dan wel druk, aktiveer dit gekleurde ligte, ’n diskobal en musiek – jou eie dansplek. Klante besoek nou die kleedkamers net om dit te beleef en plaas dan video’s daarvan op  Facebook, Instagram en TikTok.

“Ek het ’n 60-jarige vrou gehad wat uit die toilet gekom het en vir my gesê het dit is die beste dag van haar lewe,” het Moss aan WDKY-TV gesê.

Ann Gilbert, mensehulpbronbestuurder by die moedermaatskappy Valor Oil, sê die disko-kleedkamers was Damon Bail, visepresident van  kleinhandelbemarking, se blink idee.
Die eerste een was in Februarie 2023 in Verona en dit het so gewild geword dat die sesde een die maand in Florence geïnstalleer is.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.