On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou bemaak haar fortuin aan haar troeteldiere

───   15:19 Wed, 31 Jan 2024

Weird Wide Web – Vrou bemaak haar fortuin aan haar troeteldiere | News Article
Foto: odditycentral.com

Liu se huidige testament stel haar bates in gevaar.

’n Bejaarde Chinese vrou het besluit om haar fortuin van $2,8 miljoen aan haar honde en katte te bemaak, want hulle is altyd daar vir haar. Die vrou se naam word nie bekend gemaak nie – net haar van Liu. Sy het ’n paar jaar gelede haar testament opgestel en haar drie kinders sou alles erf. Maar onlangs het sy besluit hulle gee nie om vir haar nie, want hulle kom haar nooit besoek nie en versorg haar ook nie as sy siek is nie.

Ongelukkig vir Liu van Sjanghai verbied Chinese wetgewing mense om hul besittings direk aan hul troeteldiere te bemaak. Sy en haar prokureur het ’n ander plan beraam. Sy het ’n dierekliniek aangestel om haar boedel te admistreer en om vir haar troeteldiere te sorg.

Chen Kai, 'n amptenaar van China se testamentregistrasiesentrum, het aan The South China Morning Post gesê Liu se huidige testament stel haar bates in gevaar en sy moet eerder ’n persoon aanstel om dit te administreer.

Regslui hoop egter haar kinders sal haar van plan laat verander. Die vrou se storie het miljoene Chinese se hart geraak. Die meeste ondersteun haar besluit, omdat kinders wat hul ouers verwaarloos gestraf kan word.

“Uitstekend. As my dogter my in die toekoms sleg behandel, sal ek ook my huis aan iemand anders bemaak,” het iemand op Sina Weibo, China se weergawe van X geskryf.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.