On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Veiligheidskameras benodig ook wagwoorde

───   15:15 Mon, 05 Feb 2024

Weird Wide Web – Veiligheidskameras benodig ook wagwoorde  | News Article
Foto: ladbible.com

Dit maak mens sommer dadelik bekommerd oor jou privaatheid,

Daar is heelwat ontstellende webtuistes op die internet wat jou laat wonder hoe veilig is al jou inligting. Een van hulle beweer hy kan enige van jou foto’s vind wat al op die internet geplaas is. Die ander een sal jou hare laat rys, want daarmee kan jy regstreeks kyk na veiligheidskameras oor die wêreld heen sonder dat die eienaars daarvan bewus is.

Wat dit meer kommerwekkend maak is dat die kameras se voer nie met wagwoorde beskerm word nie. Die webtuiste sê dit sluit nie in kameras op rekenaars nie. Van dit wat gesien kan word sluit in ’n voëlnes in Hongarye, 'n ski-plek in Oostenryk, en 'n hoekwinkel en ’n ysskaatsbaan in Pole.

Dit maak mens sommer dadelik bekommerd oor jou privaatheid, maar die webtuiste sal jou beeldmateriaal afhaal as jy hulle e-pos. Die vraag is hoe gaan jy in die eerste plek weet dat dit daar is?

Jy kan dit maklik van Insecam verwyder as jy ’n wagwoord skep. Al wanneer dit onwettig is, is wanneer kuberkrakers jou wagwoord in die hande gekry het. Jy kan nooit te versigtig wees met veiligheidsmaatreëls nie.

Dan is daar ook die grillerige webtuistes waar elke vliegongeluk in die geskiedenis beskryf word – insluitende die vlieënier se laaste woorde.  Om nie te vergeet wat die laaste woorde is van gevangenes wat die doodstraf opgelê is nie. Maak dus seker jy het ’n wagwoord op jou veiligheidskameras.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.