On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – ’n Motor met jou eks se naam op

───   15:17 Wed, 07 Feb 2024

Weird Wide Web – ’n Motor met jou eks se naam op  | News Article
Beeldbron: upi.com

““Ongelukkig sal almal van ons een of ander tyd ’n liefdesteleurstelling beleef.”

’n Britse maatskappy het ’n unieke plan beraam om oor jou liefdesteleurstelling te kom.
Scrap Car Comparison sê met sy Scrap Your Ex-program kan mense ’n motor na hul eks vernoem voordat dit na die skrootwerf gestuur word.

“Scrap Your Ex is die ideale kar-tarsis (sic) vir enigiemand wie se verhouding onlangs skipbreuk gely het. Dit is net vir ’n beperkte tyd beskikbaar en maak nie saak waar in die wêreld jy jou bevind nie jy kan jou eks benoem om sogenaamde skrootmetaal vir Valentynsdag te word,” sê die maatskappy in ’n verklaring.

Al wat jy moet doen is om die aanlyn vorm in te vul en te verduidelik hoekom jy jou eks benoem. Elke motor wat tydens dié promosie geskrap word, sal iemand se eks se naam op hê. Die persoon wat hul eks benoem het, sal ’n foto as bewys kry dat die motor nou ’n wrak is.

“Ongelukkig sal almal van ons een of ander tyd ’n liefdesteleurstelling beleef. Ons hoop hierdie manier sal vir hulle ’n mate van afsluiting op Valentynsdag bring,” sê David Kottaun, bedryfsbestuurder van Scrap Car Comparison.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.