On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Handdoek-helde red 2 in ysige water

───   15:22 Thu, 08 Feb 2024

Weird Wide Web – Handdoek-helde red 2 in ysige water | News Article

“Ons het die bibberende mense in die sauna laat sit om warm te kry.”

Hulle het met net handdoeke om hul middelyf in die water gespring om twee mense te red nadat hul motor in die water beland het. Die drama het afgespeel in ’n Noorse fjord en gelukkig was daar mense op ’n drywende saunavlot daar naby wat hulle betyds kon red.

Die motor het Donderdag in die water beland by Akershusstranda, ’n gebied waar skepe by Oslo, hoofstad van Noorweë, aandoen. ’n Ooggetuie het aan die Noorse VG-koerant gesê hy het gesien hoe die motor gestop het voordat dit skielik versnel en in die water beland het.
Die twee insittendes kon betyds uit die motor klim en het op die dak vir die mense van die saunavlot gewag.

Nicholay Nordahl, die skipper, het aan VG gesê hy het vinnig die vlot in hul rigting gestuur voordat die motor gesink het. “Ons het die bibberende mense in die sauna laat sit om warmer te kry.”

Die houtsaunavlotte in die fjords in Oslo word elektries aangedryf en mense kan rustig die natuur geniet voordat hulle in die ysige water swem. Die motor is later uit die water gehaal.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.