On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – A nee a, jou hoewe lyk soos ’n vark s'n

───   15:18 Tue, 13 Feb 2024

Weird Wide Web – A nee a, jou hoewe lyk soos ’n vark s'n | News Article

...

Carole Germain van Frankryk was nog nooit so besig nie. Sy het besluit om die land te deurkruis saam met haar troetelvark, Couscous, om ander varke se slagtande en hoewe te versorg.

“Dit is mal. Ek het gedink ek is die enigste persoon wat ’n vark op die rusbank het. Maar daar is duisende,” sê die 46-jarige Germain wat ’n kroeg en tabakwinkel in Brest in Wes-Frankryk bestuur het.

Couscous weeg 60 kilogram en slaap ook op Germain se bed. “Eintlik dink hy eerder dit is ek wat op sy bed slaap en as ek te veel beweeg sal hy geluide maak of my knyp,” sê sy laggend.  

Germain het ook twee honde en het haar vark in 2020 aangeneem en gou besef haar woonstel bo die kroeg is te klein. Toe sy tande en hoewe versorg moes word het sy uitgevind daar is nie genoeg mense wat die taak wil aanpak nie.

Germain het haarself in Nederland opgelei en deeltyds begin praktiseer. Sy moes een keer 43 varke versorg en toe besluit om eerder haar kroeg te verkoop. In Brest het sy gesukkel met die lywige Scooby wat die skaal op 80 kilogram laat kreun. 

Nadat sy tande en hoewe aandag gekry het, was hy nie meer aggressief nie. Die vark behoort aan Yann L’Heveder wat die vark vir sy dogter vir haar tiende verjaarsdag gekoop het.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.