On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou wil trou met hologram

───   15:22 Tue, 27 Feb 2024

Weird Wide Web – Vrou wil trou met hologram  | News Article
Foto: unilad.com

Die enigste probleem is hologram-tegnologie is baie duur en onprakties

’n Vrou gaan die eerste persoon word wat trou met ’n hologram wat deur kunsmatige intelligensie (KI) aangedryf word. KI raak meer gesofistikeerd en die vraag is wanneer gaan dit regte geselskap bied. Die Spaanse kunstenaar Alicia Framis beplan om met die hologram AiLex te trou. Sy is nie onbekend vir haar vreemde liefdes nie. Sy het voorheen saam met Pierre die mannekyn gebly om liefde en kameraadskap te verken.

Framis plaas gereeld inligting oor haar verhoudings op Instagram by  hybridcouples. “Dit is ’n romantiese verhouding tussen ’n vrou en kunsmatige intelligensie. Ons weet robotte en mense sal binnekort seksmaats  wees, maar vir my is die volgende belangrike stap om kunsmatige intelligensie emosioneel by mense te betrek,”sê sy.

Die enigste probleem is hologram-tegnologie is baie duur en onprakties. Ons is nog nie heeltemal op die stadium van Blade Runner 2049 nie.

Dit lyk asof AiLex in plasings op die-video's bygevoeg word eerder as om werklik in die huis teenwoordig te wees. In van die video’s lyk dit ook of dit ’n akteur kan wees en nie ’n man wat deur KI geskep is nie.

Lees ook: International pianist Danilo Mascetti joins the Odeion School of Music on stage

Sy gaan glo trou by die Depot Boijmans-museum in Rotterdam. Sy het ook 'n nuwe kopernaamplaat op Instagram gewys, waarop haar naam en dié van AiLex gegraveer is.
Framis is nie die eerste kunstenaar wat die huwelik as 'n sentrale tema in 'n opvoering gebruik nie. In 2016 het die Britse kunstenaar Tracey Emin, bekend vir haar stuk My Bed, met 'n rots in haar tuin getrou en dit ’n anker genoem waarmee sy kan identifiseer.

Lees meer


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.