On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Bloemfonteinse jong entrepreneur hou katte warm

───   HEIDRÈ MALGAS 12:08 Wed, 20 Mar 2024

Bloemfonteinse jong entrepreneur hou katte warm | News Article
Juanique van den Berg (13) is baie lief vir katte. Foto verskaf

“Die warmsakkies word met met baie liefde van verskillende materiale gemaak.”

'n Tienermeisie van Bloemfontein is so lief vir katte dat sy besluit het om met 'n briljante idee vorendag te kom om straatkatte warm te hou.

Juanique van den Berg (13), 'n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, sê sy het met haar onderneming, Cozy Pouches, begin nadat haar geliefde katjie, Billy, bloedkanker opgedoen en permanent koud gekry het. Sy en haar ma, Nina, het vir hom 'n warmsakkie gemaak.

“Die warmsak het baie gelyk soos 'n mammakat. Ons het 'n ou sagte mat gevat en dit volgestop met uitgedroogde mielies,” sê Van den Berg.

Sy hoop elkeen wat 'n Cozy Pouch koop sal plek in hul hart maak vir 'n straatkat. “Ek was nog altyd lief vir katte, hoewel my pa allergies vir hulle is. Maar nou dat ons ses katte het, is sy allergie nie meer so erg nie,” skerts sy.

Juanique van den Berg (13)  se Cozy Pouches. Foto verskaf

Al die geld wat sy met haar onderneming verdien, word gebruik om straatkatte te voer. 

“Ek en my ma het katkos en klein bakkies in haar motor se kattebak gesit vir ingeval ons diere sien wat hulp nodig het, eerder as om net verby hulle te ry,” sê sy.

Die warmsakkies word met met baie liefde van verskillende materiale gemaak. Hulle maak ook Fidget Friend, wat 'n sensoriese speelding is wat help met die ontwikkeling van kognitiewe, motoriese, psigososiale, emosionele en taalvaardighede of ontspanning.

Die Fidget Friend word handgemaak en is gevul met sojabone, koring, mielies, laventel, roosmarym en peperboomblare.

Billy is die rede hoekom sy Cozy Pouches begin het. Foto verskaf

Nina sê haar dogter is ook 'n kunstenaar wat lief is vir kuns en baie mooi kan teken. Een van haar prente het 'n prys by die Bloemskou gewen.

"As iemand 'n Cozy Pouch gekoop het, hoop ek dat hulle dit aan hul vriende en familie wys," sê sy. Cozy Pouches kom in verskillende groottes en vorms en kos van R50 tot R90 en kan as ‘n warmsakkie of yspak gebruik word

OFM Nuus/ Heidrè Malgas dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.