On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Sierlike stuk Titanic-hout vir R13 miljoen verkoop!

───   15:19 Mon, 01 Apr 2024

Weird Wide Web – Sierlike stuk Titanic-hout vir R13 miljoen verkoop! | News Article

’n Koper het $718 750 opgedok vir een van die mees omstrede houtplanke in die rolprentgeskiedenis: die deurraampaneel wat Rose se lewe in die 1997-rolprent Titanic gered het.

’n Koper het $718 750 opgedok vir een van die mees omstrede houtplank in die rolprentgeskiedenis: die deurraampaneel wat Rose se lewe in die 1997-rolprent Titanic gered het. 

Heritage Auctions het aangekondig dat die sierlike stuk hout, wat verkoop is op ’n veiling van Planet Hollywood-memorabilia, dié bedrag behaal het ná talle aanbiedinge.

Die stut, gemaak van balsahout, was gebaseer op die “bekendste, volledige stuk puin” wat gered is uit die werklike wrak van die Titanic in 1912, het die veilinghuis gesê.

“Dikwels verkeerdelik na verwys as ’n deur, was die versierde struktuur in werklikheid deel van die deurkosyn net bokant die eersteklas-sitkameringang,” lui die itembeskrywing.

Die veilinghuis het die omstredenheid rondom die houtplank erken.

“Die ikoniese stut het baie debat tussen aanhangers veroorsaak, van wie baie aangevoer het dat die drywende houtpaneel beide Jack [Leonardo DiCaprio] en Rose [Kate Winslet] kon ondersteun het – wat sy noodlottige besluit om in die ysige water te bly ’n leë gebaar maak,” lui die beskrywing.

Direkteur James Cameron het gesê hy het ’n wetenskaplike studie laat uitvoer in ’n poging om die debat vir eens en vir altyd tot rus te bring.

“Ons het twee stuntmense geneem met dieselfde liggaamsgewig as Kate en Leo en ons het sensors oral oor hulle en in hulle gesit,” het Cameron in ’n 2022-onderhoud met die Toronto Sun gesê. “Ons het hulle in yswater gesit en getoets om te sien of hulle deur ’n verskeidenheid metodes kon oorleef en die antwoord was, daar was geen manier waarop hulle albei kon oorleef nie. Net een kon oorleef.”

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.