On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Die mens se liggaam produseer sy eie alkohol!

───   15:37 Thu, 09 May 2024

Weird Wide Web – Die mens se liggaam produseer sy eie alkohol! | News Article

In April en Mei 2022 is hy deur die polisie vir alkohol getoets nadat hy teen lamppale vasgery het. Hy het elke keer vir die polisie gesê hy het nie gedrink nie.

’n Belgiese man is vrygespreek van dronkbestuur nadat dokters bewys het dat hy aan ’n toestand ly – sy liggaam produseer sy eie alkohol.

Dit klink dalk soos iets uit ’n speurreeks op die kassie, maar dit het werklik gebeur. Die 40-jarige is verskeie kere deur die polisie voorgekeer en daar is bevind dat sy bloedalkoholvlak oor die wettige perk is.

In April en Mei 2022 is hy deur die polisie vir alkohol getoets nadat hy teen lamppale vasgery het. Hy is ook in 2019 skuldig bevind aan dronkbestuur. Hy het elke keer vir die polisie gesê hy het nie gedrink nie.

Die Brussels Times het gesê die man was verward oor hoe hy oor die limiet kon wees. Nou het hy 'n antwoord.

Die rede daarvoor is dat hy aan ’n baie ongewone toestand ly wat bekend staan as outobrouery-sindroom, of ABS. Mense wat ABS het, vind dat sommige van die koolhidrate en suikers in hul liggaam in alkohol omgeskakel word.

’n Asemtoets bewys dit en mense wat daaraan ly, kan lyk asof hulle dronk is. Daar is berig dat die man, wat van die stad Brugge is, nie geweet het hy het ABS nie toe hy skuldig bevind is aan dronkbestuur. Eers later, nadat hy deur drie dokters gesien is, is ABS by hom gediagnoseer.

Die regter het die man vrygespreek, maar gesê hy moet nou sy dieet verander om seker te maak hy bevind homself nie weer oor die perk nie.

’n Dieet laag in koolhidrate sal na verwagting hom minder geneig maak om die vlakke van alkohol te produseer wat sy bestuurdery sal beïnvloed.

Die man se naam is nie bekend gemaak nie, maar sy werk wel – hy werk in ’n brouery.

Lees meer cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.