Offbeat
Weird Wide Web – Robot-cupido kan enkelinge help─── 15:09 Tue, 21 May 2024
“Jou KI-afspraakportier kan namens jou uitgaan met ander afspraakportiere. Jy kan in die nabye toekoms jou onsekerhede deel en dit kan jou help om jouself op te lei om beter te dink.”
Whitney Wolfe Herd, die stigter van die afspraak-app, Bumble, dink dat miljoene lui enkelinge binnekort KI kan gebruik om al die harde werk te doen in die soeke na romanse.
Sy sê: “Jou KI-afspraakportier kan namens jou uitgaan met ander afspraakportiere. Jy kan in die nabye toekoms jou onsekerhede deel en dit kan jou help om jouself op te lei om beter te dink.
“En dan hoef jy nie met 600 mense te praat nie. Dit sal die hele San Francisco namens jou skandeer en sê: ‘Dit is die drie mense wat jy regtig moet ontmoet’.”
Herd het bygevoeg haar wens is dat KI mense moet help om “gesonder en regverdiger verhoudings te hê”.
Lees meer mvh
