On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Amerikaanse man gearresteer vir ‘onwettig’ eet

───   06:00 Thu, 11 Jul 2024

Weird Wide Web – Amerikaanse man gearresteer vir ‘onwettig’ eet | News Article

“’n Video van ’n man wat gearresteer word omdat hy ‘onwettig’ kos geëet het terwyl hy op ’n treinperron gestaan het, is wyd versprei op sosiale media.”

Jy het reg gelees, gearresteer vir die eet van ’n toebroodjie!

Steve Foster oorweeg dit om regstappe te neem ná die hele debakel in San Francisco.

Sy vriendin, Nicole Hernandez, het die voorval opgeneem wat wys hoe owerhede van BART (Bay Area Rapid Transit) Foster gekonfronteer het. 

“Dit sou eenvoudiger gewees het as hy na my toe sou kom en sê het ‘hey, jy kan nie op BART eet nie en ook nie op die platform nie’. Ek moes eerder ingelig geword het, want ek het nie geweet ek mag nie op die platform eet nie,” sê Foster.

Die beeldmateriaal wys hoe D. McCormick, een van die beamptes, Foster se sak gryp en weier om hom te laat gaan, voordat ander beamptes na die platform kom en hom weg begelei. Op die opname kan ’n mens hoor hoe Hernandez vra hoekom so baie beamptes die situasie hanteer.

Die video wys duidelik dat die polisie aanmatigend en ongeregverdigd opgetree het vir dié klein kwessie.

“Die polisie moet hul regtig skaam,” skryf een gebruiker op YouTube.

“Dit is so belaglik dat ek net nie eers ’n opmerking wil maak nie. ’n Misbruik van hulpbronne," skryf  ’n ander gebruiker.

“Die polisie is buite f****** beheer,” sê iemand op X.

Lees meer oor hierdie storie op Unilad se webwerf

OFM Nuus mvh


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.