On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Seewiere in jou bad kan glo jou lewe verleng

───   06:30 Wed, 07 Aug 2024

Weird Wide Web – Seewiere in jou bad kan glo jou lewe verleng | News Article
“Daar was onlangs ’n oplewing in die neiging om in seewiere te bad.” Foto: Facebook

“Wetenskaplikes beveel aan dat mense in dié alge bad en dit oor hul maaltye sprinkel aangesien dit glo baie gesondheidsvoordele inhou.”

Leanne Timpson, spesialis in mikrobiologie, het verduidelik dat seewier ’n doeltreffende “aktuele behandeling vir verskeie velkwessies van velveroudering tot wondgenesing” is.

Dit is ook nuttig ná ’n strawwe oefensessie aangesien die alge as ’n spierverslapper dien en gewrigsontsteking kan voorkom.

Timpson, van die Nottingham Trent Universiteit, het gesê: “Elke soort seewier het ’n unieke stel voedingstowwe en kan vitamien- en mineraalinname ’n hupstoot gee as dit gereeld geëet word. Maar dieet is nie die enigste manier om die voordele van seewier te ervaar nie.

“Daar was onlangs ’n oplewing in die neiging om in seewiere te bad, wat glo voordelig vir die gesondheid is.”

Sy het egter beklemtoon dat vir diegene wat skildklierprobleme het, ’n peusel van seewiere dodelike gevolge kan hê.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.