Offbeat
Weird Wide Web – Kosfiemies by kinders nie ouers se skuld─── 15:25 Wed, 25 Sep 2024
“Nuwe navorsing dui daarop dat kieskeurigheid oor kos ’n eienskap is wat spruit uit genetika, eerder as opvoeding, en tot in ’n individu se tienerjare kan duur.”
’n Studie wat 2 400 pare tweelinge betrek het, het bevind dit is aansienlik meer waarskynlik dat beide broers en susters kieskeurig is as hulle ’n identiese tweeling is, wat daarop dui dat DNS ’n sleutelrol speel, aangesien nie-identiese pare op dieselfde manier grootgemaak word, maar dikwels anders eet.
Dr. Zeynep Nas, hoofskrywer van die studie aan die Universiteitskollege in Londen, het gesê: “(Kieskeurige eters) is algemeen onder kinders en kan ’n groot bron van angs vir ouers wees. Ouers blameer dikwels hulself, óf word deur ander geblameer.
“Ons hoop ons bevinding kan help om daardie skuld te verlig. Hierdie gedrag is nie ’n gevolg van ouerskap nie. Ons studie toon ook dat kieskeurige eetgewoontes nie noodwendig net ’n ‘fase’ is nie, maar ’n aanhoudende trajek kan volg.”
OFM Nuus cg/mvh
