On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Robotte wat deur ’n ander robot ‘ontvoer’ is?

───   08:25 Mon, 18 Nov 2024

Weird Wide Web – Robotte wat deur ’n ander robot ‘ontvoer’ is? | News Article
Foto: Skermgreep

Beeldmateriaal wat deur kringtelevisiekameras by ’n robotikamaatskappy se vertoonlokaal vasgevang is, wys hoe 12 groot robotte ‘ontvoer word’ deur ’n ander vervaardiger se robot wat hulle oortuig het om hul werk te bedank en hom te volg.

Die afgelope week het Chinese sosiale media gegons oor ’n bisarre voorval wat na bewering in Augustus by ’n robotikamaatskappy se vertoonlokaal in Sjanghai plaasgevind het. Beeldmateriaal wat deur die lokaal se toesigkameras vasgevang is, wys hoe ’n klein robot gedurende die nag die vertoonlokaal binnekom en stadig na ’n klomp groter robotte oorrol voordat hy met hulle in gesprek tree.

Nadat hy hulle gevra het of hulle oortyd werk, kry die klein robot dit reg om op een of ander manier twee van die ander robotte te oorreed om saam met hom “huis toe te kom”. Daarna volg die oorblywende 10 robotte hulle.

Aan die begin het die meeste kykers gedink dat die video ’n grap is, maar die Sjanghai-robotikamaatskappy het uitgekom en erken dat sy robotte inderdaad “ontvoer” is deur ’n robot wat deur ’n ander vervaardiger geskep is.

“Werk jy oortyd?” vra die klein robot die groot robotte.

“Ek kom nooit van die werk af nie,” antwoord een van die ander robotte.

“So jy gaan nie huis toe nie?”

“Ek het nie ’n huis nie.”

‘Gaan huis toe’

“Kom dan saam met my huis toe,” sê die robotjie voordat hy ander by die vertoonlokaal uitlei.

Twee van die groot robotte begin die klein indringer volg, wat die opdrag “Gaan huis toe” uitspreek, en die ander 10 robotte in die lokaal begin hom ook volg.

Die bisarre video het nogal baie aandag aanlyn gekry nadat dit op Douyin, China se weergawe van TikTok, geplaas is. 

’n Woordvoerder van ’n Hangzhou-robotvervaardiger het op 11 November bevestig dat die klein robot wat in die video verskyn een van hul modelle (Erbai) is, maar het gesê dat meer besonderhede op 'n latere datum bekend gemaak sal word.

Die Sjanghai-maatskappy het op sy beurt bevestig dat die klein robot op een of ander manier toegang tot die interne bedryfsprotokol van hul robotte en sy ooreenstemmende toestemmings kon kry, terwyl hy bygevoeg het dat dit byna onmoontlik is vir 'n robot om ’n gesprek aan te knoop en ander robotte self te ontvoer.

Die maatskappy agter die robotontvoering het later onthul dat die hele situasie ’n toets was. Hulle het die Sjanghai-robotvervaardiger gekontak en gevra of hulle bereid is om toe te laat dat hul robotte ontvoer word, en hulle het ingestem. Erbai, ’n KI-aangedrewe robot, het die opdrag gekry om die ander robotte te oorreed om hom te volg, en hy het dit “onverwags reggekry”.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.