On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – KI ouma tot die redding!

───   15:16 Thu, 12 Dec 2024

Weird Wide Web – KI ouma tot die redding! | News Article
Foto ter illustrasie

Ontmoet die KI-Ouma wat bedrieërs se tyd mors en baie mense van swendelary red.

Soos baie ander oumas, hou Daisy daarvan om te brei, en sy is nie baie goed met tegnologie nie. Of, ten minste, dis wat sy mense oor die telefoon wil laat glo. 

Daisy beskryf haarself ook as "jou grootste nagmerrie." Maar moenie bekommerd wees nie, sy praat nie van jou nie, sy praat van telefoonbedrieërs. 

Dis omdat Daisy eintlik ’n KI-kletsbot is. ’n Kletsbot wat deur die Britse telefoonmaatskappy Virgin Media O2 geskep om met bedrieërs oor die telefoon te praat en hulle te laat glo dat hulle met ’n regte persoon gesels.

Ouer mense is veral kwesbaar vir bedrog. In Julie het ’n Britse studie bevind dat ongeveer 67% van mense ouer as 75 slagoffers was van minstens een bedrogspoging in die ses maande voor die studie — en amper 75% hiervan was telefoniese bedrog.

Dis hier waar Daisy inkom. Sy is opgelei om met telefoonbedrieërs te gesels en hul tyd te mors.

Virgin Media O2 het saam met Jim Browning gewerk, ’n YouTuber wat al jare lank voorgee om ’n niksvermoedende slagoffer te wees en bedrieërs se tyd te mors. Dit is die hele doel van Daisy. Sy kan nie bedrieërs stop nie, maar sy kan hulle vertraag.

“Wanneer sy op die telefoon met ’n bedrieër gesels, word jou ouers, jou grootouers en jou familie nie bedrieg nie,” sê Browning aan Sky News. Die maatskappy sê Daisy mors reeds “honderde en honderde ure van bedrieërs se tyd”.

Sommige gesprekke hou byna ’n uur aan. Sy praat oor haar kat, Fluffy, en mense in haar familie.

In sommige gesprekke gee sy vir die bedrieërs wat hulle wil hê; bankbesonderhede. Natuurlik is dit nie regte besonderhede nie.

Murray Mackenzie van Virgin Media O2 sê Daisy herinner ons daaraan dat die persoon met wie jy oor die telefoon praat nie altyd is wie hulle sê hulle is nie.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.