Offbeat
Weird Wide Web – Bewers sit Tsjeggiese regering ore aan─── 15:12 Tue, 11 Feb 2025

Europese bewers het oornag in Tsjeggië beroemd geword nadat hulle net twee dae geneem het om damme te bou.
’n Projek om watergebiede in die Brdy-natuurpark te herstel, het in 2018 begin maar die regering sloer al jare om die regte permitte te kry. Dit sou die regering 30 miljoen Tsjeggiese krone kos om die damme te bou, maar danksy die flukse bewers is dit nou gratis.
Omgewingskenners wat die Brdy-gebied monitor, sê die bewers het die funksionele damme op presies die regte plekke gebou. “Bewers kan binne twee dae ’n dam bou,” het Jiri Vlcek aan Radio Praag gesê.
Lees ook: Conspiracy Corner – New Jersey Drones finally ‘explained’
Bohumil Fišer, hoof van die Brdy-landskapadministrasie, sê hy is verbaas oor die bewers se doeltreffendheid in vergelyking met die regering se burokratiese rompslomp.
Kenners wat na die bewers se werk gaan kyk het, het bevestig die damme is op presies die regte plekke gebou en sal help om die vleilande na hul natuurlike toestand te herstel. Dit is die ideale habitat vir die seldsame klipkreef, paddas en ander dierspesies.
“Bewers weet altyd die beste. Die plekke waar hulle damme bou, is altyd perfek gekies – selfs beter as wanneer ons dit op papier ontwerp,” sê Jaroslav Obermajer, van die Tsjeggiese natuur- en landskapsbeskermingsagentskap.
Lees meer dg