On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Britse man amper agter tralies vir domheid!

───   15:14 Mon, 05 May 2025

Weird Wide Web – Britse man amper agter tralies vir domheid! | News Article
Die brandweermanne het begin vermoed dat die brand doelbewus gestig is. Foto verskaf

’n Britse man is ’n opgeskorte tronkstraf opgelê nadat hy erken het dat hy sy eie huis twee keer in een nag aan die brand gesteek het net sodat hy brandbestryders in aksie kon sien.

Brandstigters het dikwels ’n obsessie met vuur, maar die 26-jarige James Brown van Northumberland in die VK, word eerder beskryf as iemand met ’n obsessie en fassinasie met brandbestryders self – eerder as met brande. 

In ’n ideale wêreld sou hy self ’n brandweerman wees, maar dinge het nie so uitgewerk nie, en hy het tevrede geraak daarmee om brandbestryders van ’n afstand af te bewonder en die brandweer herhaaldelik te bel. 

Toe dit nie meer genoeg was nie, het hy oorgegaan tot die drastiese stap om sy eie huis aan die brand te steek – net om hulle in aksie te sien. Op die aand van 9 September 2023 is die brandweer ontbied na ’n huis in Eleventh Avenue, Ashington, nadat die eienaar nooddienste gebel het om ’n brand aan te meld. 

Hy het gesê daar was vonke by die elektrisiteitsmeter, en van sy linne in ’n kas het aan die brand geslaan. Die brandweer het ’n klein brand geblus en die elektrisiteit afgeskakel, net om seker te maak alles is veilig. 

Maar skaars 90 minute later het Brown hulle weer gebel om nog ’n brand aan te meld.

’n Agtergrondondersoek het gewys dat hy die brandweer in die vorige 12 maande al 80 keer gebel het.

Hierdie keer moes die brandbestryders weer beddegoed blus wat aan die brand was. Toe hulle hom vra wat die oorsaak van die brand is, het hy weer die elektrisiteitsmeter blameer. 

Dit het egter geen sin gemaak nie, aangesien die krag reeds deur die brandweer afgeskakel is – en dit het hulle laat vermoed dat die brand doelbewus gestig is.

LEES OOK: Weird Wide Web – Kakkerlakplase floreer in China

Volgens hofstukke het James Brown die brandbestryders afgeneem terwyl hulle die brand probeer blus het, en hy het baie opgewonde gelyk oor hul teenwoordigheid op sy eiendom. ’n Agtergrondondersoek het gewys dat hy die brandweer in die vorige 12 maande al 80 keer gebel het. 

Uiteindelik het Brown skuld beken op twee aanklagte van brandstigting, sonder om ag te slaan op die gevaar vir menselewens.

“U het gesê dat u in die ideale wêreld self ’n brandweerman sou wees, en u het al lank ’n belangstelling in die brandweerdiens. Dit is duidelik ’n obsessie,” het regter Robert Adams onlangs in sy uitspraak gesê. 

Hy is uiters berouvol en kry tans hulp vir sy obsessie.

“U belangrikste drang lyk of dit is om die brandweer te kontak, eerder as om brande te stig. U mors die brandweer se hulpbronne, wat vir belangriker sake gebruik kon word – waar mense se lewens dalk op die spel is. Ek hoop u het iets hieruit geleer.”

James Brown is verlede maand tot agt maande tronkstraf gevonnis, opgeskort vir twee jaar, saam met 150 uur se onbetaalde gemeenskapsdiens vir sy misdade in 2023. Sy regsverteenwoordiger het gesê hy is “uiters berouvol” en kry tans hulp vir sy obsessie. 

Hy het sedert sy inhegtenisneming nie weer die brandweer gekontak nie.

Lees meer cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.