On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Topsjef eet nie in sy eie restaurant nie!

───   15:57 Wed, 30 Apr 2025

Weird Wide Web – Topsjef eet nie in sy eie restaurant nie! | News Article

Ten spyte daarvan dat hy menigte restaurante regoor die wêreld besit, het Gordon Ramsay onthul dat hy nie in enige van hulle kan sit en eet nie.

Al lewer sy restaurante “uitsonderlike kookkuns en onvergeetlike diens”, het die Britse sjef erken dat dit nie juis sy smaak is nie. 

Dit sal waarskynlik ’n groot verrassing vir baie wees, veral aangesien hy vroeër ’n TV-program aangebied het waarin hy raad gegee het aan restauranteienaars oor hoe om hul besighede te verbeter.


As ’n mens sy onlangse opmerkings in ag neem, klink dit amper of die Kitchen Nightmares-span self sy restaurante moet besoek!

Dié beroemde 58-jarige het erken dat dit “vreemd klink” om sy eie eetplekke te vermy – veral aangesien fynproewersetes in jou eie restaurant vir die meeste mense ’n droom sou wees. 

Ramsay het erken dat hy in die afgelope 25 jaar net twee keer by een van sy eie restaurante geëet het – en dit was albei vir spesiale geleenthede: een keer vir sy dogter Megan se 16de verjaarsdag, en die ander keer tydens ’n aandete saam met Hollywood-akteur Bradley Cooper.

Lees ook: Truth Thursdays Episode 2: Kwaliteit tyd bo kwantiteit tyd

Ramsay het hierdie onthullings gemaak op Alex Zane se podreeks, The Savoy Originals. Hy het verduidelik dat sy restaurante vir hom te deftig is, en dat die vlak van sofistikasie wat hulle bied eenvoudig nie sy styl is nie.  

Oor die min kere dat hy wel sy eie restaurant besoek het, het Ramsay gesê: “Een keer was vir Megan se verjaarsdag, en die tweede keer saam met Bradley Cooper. Dis net nie my styl nie – dis te deftig vir my! 

“Dit klink absurd, nè? Jy bou die plek self en dan is dit te deftig vir jou. Ek kan nie daar sit met daardie vlak van aandag op my nie.”

Gordon Ramsay. Foto verskaf

“Megan het aan die einde van haar partytjie gesit en huil en gesê: ‘Pa, ek verstaan nou. Dit het my lank geneem, maar nou sien ek hoekom jy wil hê ons moet hard werk en ons eie pad vind.’ Dit is intimiderend – jy verstaan nie altyd hoe ver jy strek , hoe groot jy bou, en watter tipe skepping jy daagliks uit jou hande gee nie,” het Ramsay voortgegaan.

“Dit is verskriklik intimiderend en ’n baie spesiale oomblik vir die gaste, maar nie vir my nie, want ek is ’n gewer, nie ’n ontvanger nie. Ek voel eenvoudig ongemaklik daar.”

Dus, as jy al ooit gevoel het een van Ramsay se restaurante is té deftig vir jou, moenie bekommer nie – die eienaar voel dieselfde!

Lees meer lh

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.