On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kakkerlakplase floreer in China

───   15:15 Thu, 01 May 2025

Weird Wide Web – Kakkerlakplase floreer in China | News Article
Foto ter illustrasie

Kakkerlakke word elders grootliks beskou as ’n plaag wat uitgeroei moet word, maar is winsgewende geldverdieners vir na raming 100 kakkerlakboere regoor China.

Om my vyfjaarplasing in China af te sluit, sou ek nooit hierdie opdrag as my finale een gekies het nie. 

Maar hier staan ek nou, sopnat gesweet, diep binne-in ’n grotagtige netwerk van nou gange en rakke in die donker, terwyl die stilte gevul word met ’n reënagtige geknars van miljoene kakkerlakke wat eet. Dis ’n byna rustige atmosfeer, iets wat goed sou werk op een van daardie kalmerende slaaptoepassings. 

Al die ander aspekte van die situasie sou mense waarskynlik wakker hou. Om my, op die mure, plafon en vloer, krioel kakkerlakke van alle groottes rond, en hulle spat uitmekaar as my kameraman, Steve Wang, sy lig op hulle rig.  

Dis ’n enorme nes van kakkerlakke: vier industriële pakhuise propvol rakke en ’n ingewikkelde pypstelsel wat kosafval van restaurante op die rakke uitpomp vir die kakkerlakke om te eet.

Die ligte is af, die temperatuur word in die hoë twintig grade Celsius gehou en die humiditeit is verstikkend. 

LEES OOK: Weird Wide Web – Hardloop eis sy tol

 “Ons het 60 klein kamers met 20 miljoen kakkerlakke in elke kamer. Altesaam is daar 1 miljard kakkerlakke,” vertel Yin Diansong, die plaasbestuurder. “Hulle kan elke dag 50 ton kombuisafval eet.”

Kakkerlakplase is algemeen in China. Die projek by Zhangqiubei, naby die oostelike stad Jinan, verskil van die meeste ander kakkerlakplase in China.  

Terwyl ’n reuse-aanleg in die suidweste, wat deur ’n maatskappy genaamd “Good Doctor” bedryf word, jaarliks miljarde kakkerlakke maal vir gebruik in Chinese medisyne, word hierdie projek hoofsaaklik gebruik om dierevoer te produseer.  

Kommersiële onderneming

“As ons op grootskaal met kakkerlakke kan boer, kan ons proteïene verskaf wat die hele ekologiese siklus bevoordeel,” sê die projekleier, Li Yanrong. “Ons kan dierevoer vol antibiotika vervang met organiese voer wat goed is vir die diere én vir die grond.”

Wat begin het as ’n eksperiment om van kosafval ontslae te raak, het nou ontwikkel in ’n kommersiële onderneming, al erken mnr. Li dis nog vroeg in die proses en onduidelik of dit op die langer termyn winsgewend sal wees. 

Op die uitgestrekte lande rondom die kakkerlakplaas word varke, eende, hoenders en bokke reeds gevoer met die voedingsryke kakkerlakmengsel.  ’n Sloot rondom elke pakhuis is gevul met visse wat versot is op die smaak van kakkerlak, hulle help om te verseker dat die kakkerlakke binne-in nie uitbreek en verwoesting saai op die omliggende velde nie.

Almal sien hulle nie as peste wat uitgeroei moet word nie. In China is kakkerlakke ’n winsgewende onderneming vir sowat 100 kakkerlakboere.  

Vergruisde kakkerlakke, bekend onder hul wetenskaplike naam Periplaneta Americana, is op die bestanddelelys van verskeie soorte Chinese medisyne en selfs sommige mediese kosmetiese produkte. Na bewering help dit veral om littekens te genees en kan dit selfs help om gewasse te verklein.

LEES OOK: Weird Wide Web – Japannese lughawe nou ‘Hello Kitty Airport’

Mnr. Li glo dat hierdie metode van kosafval aan kakkerlakke voer, en dan dié diere weer aan mense, dalk ook oorsee kan werk. “Die ekologiese siklus is so belangrik, nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd,” sê hy.

Al is dit dalk ’n moeilike verkooppunt om mense se algemene afkeer van kakkerlakke te oorkom, is dit beslis ’n goed bestuurde onderneming wat my laat dink. In my vyf jaar in China het ek gesien hoe verskeie plaaslike idees internasionaal sukses behaal het.

Miskien is kakkerlakboerderye volgende.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.