Offbeat
Weird Wide Web – Die langste werkspendel ooit!─── 15:36 Thu, 05 Jun 2025

Om werk toe te pendel kan vermoeiend wees, veral wanneer jy tussen lande pendel!
Ontmoet Shao Chun Chen, ’n 39-jarige man wat elke week van Noord-Thailand na Singapoer reis om ’n drie uur lange digitale bemarkingsklas aan te bied.
Chen het in Singapoer grootgeword en het tot onlangs nog 40 uur per week vir Google in die stadstaat gewerk. In die begin van 2024 het hy onverwags sy werk verloor en, soos hy aan CNBC verduidelik het, is hy “geforseer om ’n blaaskans te neem” ná ’n loopbaan van 14 jaar.
Aanvanklik het Chen geleef van die dividende van beleggings wat hy oor die jare gemaak het. Maar hy het besluit om maniere te vind om weer inkomste te verdien, terwyl hy ’n ander tipe lewe lei.
Hy het toe ’n onderwyspos by ’n universiteit in Singapoer gekry en in November 2024 saam met sy vrou na Chiang Mai, Thailand, verhuis. In ’n gesprek met CNBC het hy verduidelik dat hy tot sowat $3 000 per maand verdien deur klas te gee in Singapoer.
LEES OOK: Weird Wide Web – Is dit moontlik om wind te steel?
Dis nie baie as mens die hoë lewenskoste in Singapoer in ag neem nie. Hier sal hy ongeveer $2 450 betaal net vir sy tweeslaapkamerwoonstel.
Dit is egter genoeg om al hul uitgawes in Thailand te dek, insluitend sy weeklikse pendelreis na Singapoer. Hy verdien ook geld deur opvoedkundige video’s vir YouTube te maak en deur ’n afrigtingsbesigheid te bedryf.
Lees meer oor hierdie storie hier.
OFM Nuus mvh