On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Amsterdam stel trappe vir katte bekend

───   15:46 Wed, 06 Aug 2025

Weird Wide Web – Amsterdam stel trappe vir katte bekend | News Article

Meer as 100 mense val elke jaar in Amsterdam se kanale en hoewel daar rotsbanke is om mense te help om uit te klim, fokus die stad nou daarop om diere, veral katte, te help.

Vanjaar het daar al 19 katte in Amsterdam se kanale verdrink. In reaksie hierop ken die stad $114 000 (ongeveer R2 miljoen) toe om klein houtuitklimleertjies langs kanaalmure te installeer, wat diere die kans gee om na veiligheid te klim. 

Dié inisiatief is geïnspireer deur die stad Amersfoort, wat tans 300 van hierdie lere installeer.

Om die mees kritieke plekke te identifiseer, het Amsterdam die hulp van die dierereddingsorganisasie Dierenambulance ingeroep, wat die kanaalsones sal uitwys waar diere die grootste risiko loop.

Kenners verduidelik dat katte dikwels in die kanale val wanneer hulle skrik. Terwyl hulle kan swem, maak hul waterdeurdrenkte pels hulle vinnig moeg, wat ontsnapping moeilik maak.

“’n Leer kan werklik ’n lewe red, solank daar genoeg van hulle is,” sê Maggie Ruitenberg van die Katten Kenniscentrum.

Volgende keer as jy deur dus Amsterdam stap, kyk of jy dalk net ’n klein leertjie raaksien wat ’n groot verskil maak, een poot op ’n slag.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.