On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: 113 jaar oue Sweedse kerk 5 km ver verskuif!

───   15:42 Tue, 02 Sep 2025

Weird Wide Web: 113 jaar oue Sweedse kerk 5 km ver verskuif! | News Article
Die kerk is op ’n groot platform op staalbalke en met talle wiele verskuif. Beeldbron: wikipedia

’n 113 jaar oue Sweedse landmerk, wat toevallig ’n kerk is, is verskuif – 5 km verder in die pad af.

Volgens Engoo het inwoners van die Noord-Sweedse dorp Kiruna onlangs iets buitengewoons beleef – die verskuiwing van hul 113 jaar oue kerk. Die Kiruna-kerk, ’n historiese landmerk wat oorspronklik in 1912 gebou is, is 5 km oos verskuif.

Dit is om plek te maak vir die uitbreiding van die wêreld se grootste ondergrondse ysterertsmyn, wat die dorp stadig maar seker bedreig het.

Die verskuiwing was geen geringe taak nie. Die kerk, met ’n gewig van 672 metrieke ton en 40 m breed, is vir twee dae versigtig vervoer teen ’n bestendige tempo van ongeveer een kilometer per uur. Duisende inwoners en besoekers het opgedaag om die proses te sien ontvou.

LEES OOK: Weird Wide Web – Slegte ouerskap op sy ‘beste’

Die geleentheid is ook as ’n viering gehanteer. Koning Carl XVI Gustaf van Swede het die geleentheid bygewoon, terwyl die skare vermaak is met lewendige optredes, insluitend deur KAJ, die groep wat die land in die 2025 Eurovision verteenwoordig het.

Die Kiruna-kerk, wat in 2001 as Swede se beste gebou voor 1950 aangewys is, bly ’n belangrike deel van die dorp se erfenis. 

Ná die suksesvolle verskuiwing word verwag dat dit teen die einde van 2026 op sy nuwe perseel sal heropen.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.