Offbeat
Weird Wide Web - Padda breek sy eie tone─── 15:19 Mon, 20 Oct 2025

Hierdie Afrika-padda het vanweë sy verdedigingsmeganisme die bynaam Wolverine gekry. Sodra jy sien hoe hy lyk sal jy saam stem.
Vandag se vreemde verskynsel op die internet gaan jou laat voel of jy in ’n Marvel-fliek is!
Ontmoet die Afrika harige padda, beter bekend as die Wolverine-padda, want glo dit of nie, hy breek sy eie bene om kloue te maak! Wanneer gevaar dreig vat hierdie padda nie nonsens nie. Sy toonbene bars deur sy vel soos miniwapens. Dis dalk pynlik, maar baie indrukwekkend!
Sy amptelike naam is trichobatrachus robustus en hy is vol truuks. Die mannetjies kry sulke fyn haartjies op hul sye en agterbene (nee, dis nie vir stylpunte nie). Wetenskaplikes sê dit help hulle asemhaal terwyl hulle die paddaeiers oppas.
Maar die groot partytruuk is sy Wolverine-kloue! Jagters in Kameroen weet om hulle liewer nie met kaal hande te probeer vang nie. Een krap en jy het ’n permanente litteken.
Dit is geen probleem vir die padda nie, want wanneer die gevaar verby is genees hy vanself.
Lees ook: The 11th annual Dance Pages presented in Kimberley in October
So volgende keer as jy dink jou dag was moeilik dink aan die padda êrens in Afrika wat sy tone moet breek om veilig te voel.
OFM Nuus dg