Offbeat
Weird Wide Web – Die weggeraapte aartappels─── 14:59 Tue, 28 Oct 2025
’n Poolse boer was verstom nadat 150 ton van sy aartappels oornag verdwyn het, alles as gevolg van ’n vals sosialemediaplasing!
Meneer Piotr van Dabrowica het Maandagoggend by sy plaas opgedaag net om te sien dat al sy pasgeoesde aartappels weg is. Iemand het op Facebook beweer hy kan dit nie verkoop nie en mense is welkom om hulself te kom help.
Teen die tyd wat hy daarvan uitgevind het, het honderde mense opgedaag – selfs ander boere – en sakke en sleepwaens van tot 60 ton elk volgepak!
“Ek was geskok,” sê die 68-jarige Piotr. “Dis soos iets uit ’n komediefliek!
“Ek hoop net mense bring terug wat hulle geneem het.”
Hy het nog nie ’n saak by die polisie gemaak nie, want hy hoop steeds dat mense hul fout sal besef en sy aartappels sal terugbesorg.
Die les hier? Moenie alles op sosiale media glo nie – jy kan dalk aan iemand anders tonne skade berokken!
OFM Nuus mvh 
