On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Russiese werker weier om geld terug te gee wat hy per ongeluk gewen het

───   15:10 Wed, 05 Nov 2025

Weird Wide Web – Russiese werker weier om geld terug te gee wat hy per ongeluk gewen het | News Article

’n Fabriekswerker in Khanty-Mansiysk, Rusland, het onlangs toevallig ’n miljoenêr geword, en hy beplan beslis nie om die geld binnekort terug te gee nie.

Vroeg vanjaar het Vladimir Rychagov ’n kennisgewing van sy bank ontvang. Hy het ’n gewone verlofbetaling van sowat R10 000 verwag, maar in plaas daarvan het hy ’n reusedeposito gesien. 

Om dit eenvoudig te stel: hy het ongeveer 7 miljoen roebels (R1,5 miljoen) gekry – ’n klein fortuin vir ’n fabriekswerker. Die oorbetaling was glo die gevolg van ’n sagtewarefout wat bedoel was om die salarisse van 34 ander werknemers by ’n ander filiaal te betaal. 

Vladimir het egter besluit om nie vrae te vra nie. Hy het die “bonus” gebruik om ’n nuwe motor te koop en saam met sy gesin na ’n ander stad verhuis.

Die maatskappy was minder beïndruk. Hulle het hom gedagvaar, sy bankrekeninge gevries en hom van bedrog beskuldig. 

Howe het die werkgewer se saak gesteun en beveel dat die geld terugbetaal moet word; maar Vladimir weier steeds om toe te gee. Hy het die stryd nou na die hooggeregshof geneem en hou vol dat hy die per ongeluk-fortuin mag hou.

LEES OOK: Weird Wide Web – Oplossing vir slimfoonverslawing?

“Ek het my gewone verlofbetaling ontvang … en toe R1,5 miljoen vir Desember se salaris,” sê Rychagov. “Ek het gedink dit is ’n bonus – miskien selfs ’n 13de tjek.”

Die saak word vergelyk met ’n Chileense man wat eens 286 keer sy salaris per ongeluk ontvang het en met die geld verdwyn het. Dit lyk asof Vladimir hoop om by die eksklusiewe “oeps, ek is miljonêr”-klub aan te sluit.

Lees meer mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.