On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Ruimtewesens kom glo kuier tydens sokkerskouspel

───   15:20 Thu, 15 Jan 2026

Weird Wide Web – Ruimtewesens kom glo kuier tydens sokkerskouspel  | News Article

’n VVV-navorser beweer ruimtewesens sal kontak tydens die 2026 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi maak. Hulle waarsku dit sal wêreldwyd onrus en skok veroorsaak.

Die vreemde besoekers gaan die kollig steel by die Wêreldbeker, beweer Mark Christopher Lee, rolprentvervaardiger en VVV-navorser. Hy sê volgens antieke voorspellings gaan hulle in die tydperk kom kuier terwyl die Wêreldbeker in Amerika, Kanada en Mexiko gehou word. 

Hy grond sy voorspellings op wat Nostradamus en Baba Vanga van Bulgarye gemaak het. Vanga verwag hulle sal in November kontak maak, terwyl die sokkerskouspel sy hoogtepunt bereik. 

Volgens Lee kan dit wêreldwyd chaos en paniek veroorsaak. Dit kan ook lei tot natuurrampe en ekonomiese ontwrigting. Daar is ook meer VVV-waarnemings wat daarop dui die wêreld maak gereed vir hul koms.  

Lees ook: Weird Wide Web – Japan verdeeld ná 13-jarige gamer skool verlaat

“Dis nie wetenskapfiksie nie, maar ’n moontlike werklikheid.” Lee waarsku regerings moet begin voorberei vir die paradigmaskuif en die publiek moet hulself opvoed oor VVV's en lewe in die buitenste ruimte. 

Sy dokumentêre rolprent Disclosure Horizon wat binnekort uitgereik word gaan na bewering meer besonderhede oor sy teorieë verskaf. 

Lees meer  

OFM 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.