On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – ’n Verskoning per dag

───   08:00 Wed, 21 Jan 2026

Weird Wide Web – ’n Verskoning per dag | News Article

’n Chinese vrou, wat beveel is om in die openbaar om verskoning te vra omdat sy haar man se buite-egtelike verhouding ontbloot het, het die hofbevel omskep in ’n daaglikse aanlyn skouspel.

Nadat Niu Na uitgevind het dat haar man haar al vyf jaar lank met ’n vroulike kollega verkul, het sy besluit om die verhouding op sosiale media bloot te lê. Sy het name, bewyse en persoonlike besonderhede gedeel – haar manier om stoom af te blaas. 

Maar dit het regsgevolge gehad.

Haar man en sy minnares, wat self ook getroud is, het haar vir laster gedagvaar en die saak gewen. ’n Regter het Niu beveel om vir 15 opeenvolgende dae ’n openbare verskoning aan albei op haar sosiale media te plaas, sonder om dit te verwyder.

In plaas daarvan om stil en nederig jammer te sê, het Niu die situasie slim omgekeer. 

In elke “verskoningsvideo” vra sy wel om verskoning, maar voeg terselfdertyd nuwe bewyse by: rekords van luukse aankope vir ’n derde party, betalingsbewyse wat wys dat haar man nie hul dogter se skoolgeld of hul verband betaal het nie, dat hy geweier het om hul kind by die skool op te tel, asook bewerings van huishoudelike geweld en konstante verwysings na sy ontrouheid.

Lees ook: Weird Wide Web – Turkse vrou glo sy is ’n Trump

Die video’s het almal viraal gegaan, met miljoene kyke en honderdduisende likes. Mense regoor China volg die storie daagliks en wag op die volgende “verskoning” – en die volgende onthulling. 

Party kykers gee selfs vir haar raad hoe om inligting te deel sonder om die hofbevel te verbreek. “Dis nie ’n verskoning nie, dis ’n openbare teregstelling,” skryf een kommentator.

“Ek gaan elke dag na Mev. Niu se verskonings kyk,” sê ’n ander. Die drama het glo ook haar eksman en sy minnares se werk beïnvloed – só erg dat albei intussen geskors is.

Blykbaar kan ’n verskoning soms meer seermaak as stilte.

Lees meer mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.