On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Turkse vrou glo sy is ’n Trump

───   15:25 Mon, 19 Jan 2026

Weird Wide Web – Turkse vrou glo sy is ’n Trump | News Article
Necla Ozmen van Turkye beweer dat Donald Trump haar biologiese pa is. Foto: Hurriyet

’n Vrou in Turkye beweer dat Donald Trump haar biologiese pa is en versoek ’n DNS-toets om dit te bewys.

Ten spyte daarvan dat howe haar versoek verwerp het, gaan sy voort met appèl. Asof die 47ste president van die Verenigde State nie reeds genoeg omstredenheid het nie, beweer ’n vrou in Turkye nou dat Donald Trump haar biologiese pa is.

Necla Ozmen (55) van Ankara sê sy is vasbeslote om haar bewering te bewys – en glo al wat nodig is, is ’n DNS-toets met Trump se genetiese materiaal. “Ek wil hom nie in die moeilikheid bring nie,” sê Ozmen aan die Turkse koerant Hurriyet

“Ek wil net die waarheid weet. As hy instem tot ’n DNS-toets, kan ek dit bewys. Ek glo hy is ’n goeie pa en ek dink nie hy sal my verwerp nie.”

Volgens Ozmen het sy eers in 2017 uitgevind dat sy aangeneem is, toe haar ma haar die waarheid vertel het. Haar aanneemma het glo ’n miskraam gehad en is later deur ’n Amerikaanse vrou met die naam Sophia genader, wat haar baba aan hulle toevertrou het. 

Sophia het na bewering gesê die kind se pa is niemand anders nie as Donald Trump. Hoewel Ozmen geen konkrete bewyse het nie, wys sy op wat sy as ’n treffende ooreenkoms tussen haarself, Trump en sy kinders beskryf, asook teenstrydighede in haar amptelike dokumente.

LEES OOK: Feel Good Friday – Owen en Mzee: Onwaarskynlike, maar merkwaardige vriendskap

In September verlede jaar het ’n familiehof in Ankara haar versoek vir ’n vaderskapstoets van die hand gewys, aangesien daar volgens die hof nie genoegsame bewyse is nie. Turkse wet vereis sterk bewyse voordat ’n DNS-toets gelas kan word – veral wanneer buitelandse burgers betrokke is, en selfs meer wanneer daardie persoon een van die magtigste mense in die wêreld is.

Maar Ozmen gee nie moed op nie. Sy het teen die hof se beslissing geappelleer en verskeie petisies aan die Amerikaanse ambassade in Turkye en Amerikaanse howe gestuur. 

Nou wag sy – hoopvol dat sy eendag uiteindelik antwoorde sal kry.

Lees meer mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.