On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Japannese kroeg ontketen debat oor nuwe reël

───   15:22 Wed, 28 Jan 2026

Weird Wide Web – Japannese kroeg ontketen debat oor nuwe reël | News Article

Die kroeg, wat gemik is op kliënte tussen 20 en 39 jaar oud, het besluit dat niemand ouer as 40 welkom is nie!

’n Japannese izakaya-styl kroeg in Shibuya het opslae gemaak nadat dit aangekondig het dat die plek gemik is op kliënte tussen 20 en 39 jaar oud. Dit klink dalk sleg vir besigheid, maar volgens die eienaar is dit ’n opoffering wat hulle bereid is om te maak.

Die Japannese uitsaaier TV Asahi het die kroeg besoek en bevestig dat ’n duidelike bord by die ingang aan potensiële  klante laat weet dat die plek vir jonger generasies bedoel is. Tydens hul besoek was sowat 90% van die klante in hul twintigs.

’n Werknemer verduidelik: “Ons kliënte is meestal jonk. Wanneer ouer mense inkom, neem klagtes oor geraas toe. 

“Ons wou van die begin af ’n ruimte skep waar almal gemaklik kan kuier.”

Jong klante is groot ondersteuners van die idee. Een sê: “Omdat dit net jong mense is, kan ons lekker lawaai maak sonder om te worry of ons iemand pla.”

LEES OOK: Conspiracy Corner – Harvard scientist claims he’s found ‘Heaven’

Die kroegeienaar sê egter mense ouer as 40 is nie verbied nie. Die kennisgewingbor is bloot ’n waarskuwing oor die atmosfeer – hard, energiek en jeugdig – om spanning te voorkom. 

“As iemand oor 40 is, maar jonk van gees, is hulle welkom,” sê die eienaar. 

Die personeel waarsku net vooraf: “Dit kan nogal lawaaierig wees – is dit reg?” As die antwoord ja is, mag hulle instap.

Daar is dus geen ouderdomspolisie nie – maar in Shibuya help dit klaarblyklik om jonk van hart te wees.

Lees meer mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.