On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Onderstebo glimlag verander goedkoop speelperdjie in internet-sensasie

───   16:16 Wed, 04 Feb 2026

Weird Wide Web – Onderstebo glimlag verander goedkoop speelperdjie in internet-sensasie | News Article

’n Goedkoop speelperdjie met ’n onderstebo glimlag is ’n internet-treffer danksy sy “hartseer” uitdrukking wat mense aanlyn geroer het. Dié Chinese fabrieksfout het ’n wêreldwye meme geword en verkoop soos soetkoek.

Die eenvoudige, bekostigbare speelperdjie het skielik internet-roem verwerf –danksy ’n klein ontwerp-fout. Die speelding se glimlag is verkeerdom aangebring wat aan die “diertjie” ’n permanente hartseer, huilende uitdrukking gee. 

’n Produk waarvan oorspronklik sowat 400 eenhede per dag verkoop is, het nou fenomenale gewildheid behaal. 

Memes van die treurige perd op sosiale media het die daaglikse bestellings tot tienduisende laat opskiet, met handelaars selfs uit Suid-Afrika wat grootmaat-bestellings plaas.

Die speelding het selfs ’n soort amptelike gelukbringer vir jong fabriekswerkers geword. Hulle sê spottend van hulself dat hulle “niu ma” is – wat “bees en perd” in Mandaryns beteken – om te wys dat hulle voel soos oorwerkte en onderwaardeerde werkdiere.

’n “Bewonderaar” het dit perfek opgesom: “Hierdie klein perdjie lyk so hartseer, net soos ek voel by die werk. Met hierdie huilende speelding los ek al my werkklagtes agter en hou net die geluk oor.”

 Soms is dit net ’n klein foutjie wat iets perfek maak.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.