Offbeat
Weird Wide Web – KI maak dorpie beroemd─── 16:56 Mon, 09 Feb 2026
’n klein Tasmaniese dorpie bevind hom in die kollig nadat kunsmatige intelligensie (KI) se digitale dagdroom vir hom ’n fiktiewe toeristebestemming uit die niet geskep het.
Weldborough is sowat 110 km vanaf Launceston. Die dorpie se besoekers het toegeneem toe ’n webtuiste warmwaterbronne bemark het as ’n rustige hemel en die perfekte ontvlugting. Daar was net een klein probleempie – die warmwaterbronne was nie werklik nie.
Die verwarring het begin toe die webtuisteTasmania Tours kunsmatige intelligensie begin gebruik het om vinnig reisinhoud te skep om mededingend te bly. Gewoonlik word dit deur 'n mens gelees voordat dit aanlyn geplaas word, maar in die geval het dit nie gebeur nie.
Lees ook: Daniah de Villiers lig sluier oor ‘Die kantoor’ op The Joyride
Die artikel het reisigers en stappers aangemoedig om die sogenaamde Weldborough-warmwaterbronne te verken. KI het dit so mooi beskryf en talle reisigers het dadelik hul tasse gepak om dit te verken.
Scott Hennessey wie se maatskappy die webtuiste hanteer, erken die gevolge was baie erg. Hy sê dit het hul reputasie groot skade berokken.
Intussen het plaaslike inwoners hul kop gekrap oor die raaisel.
Kristy Probert, eienaar van die Weldborough-hotel, sê sy het eers agterdogtig geraak toe oproepe begin inkom oor die dorp se “beroemde” warmwaterbronne – iets waarvan geen inwoner nog gehoor het nie.
Lees ook: Weird Wide Web – Huurder verander woonstel in yskasteel
“Aanvanklik was dit net ’n paar oproepe, maar toe daag talle besoekers op. Ons is baie afgeleë so dit was vir ons baie vreemd.”
Kenners waarsku so iets kan meer in die toekoms gebeur as reisigers net op KI staatmaak om hul reise te beplan.
Les van die storie? Miskien moet jy baie seker maak die paradys bestaan werklik voordat jy enige besprekings maak.
Lees meer dg

