On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Entertainment

Daniah de Villiers lig sluier oor ‘Die kantoor’ op The Joyride

───   17:12 Wed, 21 Jan 2026

Daniah de Villiers lig sluier oor ‘Die kantoor’ op The Joyride | News Article
Aktrise Daniah de Villiers praat op The Joyride oor ‘Die kantoor’. Foto verskaf

Ons gesels met die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise en uitstaande talent Daniah de Villiers, wat ons ’n klein kykie gee in haar nuutste projek, “Die kantoor”.

Meer as 20 jaar gelede is die wêreld bekendgestel aan die wonderlike somber mockumentêre wêreld van The Office, geskep deur Ricky Gervais en Stephen Merchant. Metacritic beskou die oorspronklike Britse weergawe as die beste geresenseerde komediereeks van alle tye.

Die Amerikaanse weergawe het vyf Emmys gewen, insluitend as uitstaande komediereeks, en was die mees gestroomde program ter wêreld in 2020.

Hierdie universele aantrekkingskrag het daartoe gelei dat die Bafta- en Golden Globe-bekroonde kultuskomedie herskep is vir gehore regoor die wêreld.

Die Suid-Afrikaanse uitgawe is die 14de verwerking daarvan.

Rapid Blue, deel van BBC Studios, vervaardig die Showmax Original, met Safta- en Silwerskermwenner Bennie Fourie (Hotel) as hoofskrywer en regisseur. BBC Studios hanteer die wêreldwye verkope.

Albert Pretorius vertolk die rol van die kantoorbestuurder, Flip.

Die rolverdeling sluit ook in in die Safta-wenner Schalk Bezuidenhout (Kanarie, Hotel), die skermlegende Lida Botha (Die Kwiksilwers), Carl Beukes (Jozi, The Shakedown), Silwerskermwenner Ilse Oppelt (Oh Schuks I’m Gatvol, Fishy Fêshuns), Daniah de Villiers (Mia in Mia and the White Lion), Mehboob Bawa (B’hai’s Cafe), die voormalige KFM-aanbieder Sipumziwe Lucwaba, en nuweling Gert du Plessis.

Volg die reeks Die kantoor elke Dinsdag op Showmax.

Albert Pretorius vertolk die rol van die kantoorbestuurder. Foto verskaf

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.