On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Rotsklim word in Taiwan as ‘skoolvak’ aangebied

───   09:30 Wed, 18 Feb 2026

Weird Wide Web – Rotsklim word in Taiwan as ‘skoolvak’ aangebied | News Article

Die Ershui Junior High School in die Changhua-distrik vereis leerders moet ’n rotsmuur van 15 m uitklim. Die unieke program is ontwerp om hul krag, veerkragtigheid en selfvertroue te verbeter.

Die wêreld was onlangs verstom oor die rotsklimmer Alex Honnold wat sonder enige toerusting teen ’n gebou uitgeklim het, maar dié skool maak al jare lank sy eie generasie klimmers groot.

Die leerders skryf nie net eksamen nie, maar moet ook die rotsmuur uitklim om te gradueer. Dit is die hoogste rotsmuur op ’n skoolterrein in Taiwan. 

Dit is so hoog soos vyf verdiepings en sal intimiderend vir meeste volwassenes wees. Die leerders sien dit egter net as deel van hul skoolloopbaan.

Hulle neem ses klimlesse per week en verbeter hul fokus, balans en koördinasie. Hul onderwysers glo dit help ook met deursettingsvermoë.

Van die leerders geniet dit so baie en oefen selfs saam met hul ouers in hul vrye tyd. Hier verdien jy jou skoolsertifikaat tree vir tree. 

Lees meer dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.