On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Generasie Z gee eiers nuwe kinkel

───   15:33 Mon, 02 Mar 2026

Weird Wide Web –  Generasie Z gee eiers nuwe kinkel | News Article

Generasie Z gee tradisionele eiergeregte nuwe lewe op sosiale media.

As jy gedink het eiers is net roereiers, gebak of hardgekook, dink weer.  Jong mense wat tussen 1997 en 2012 gebore is, het ander idees. 

Volgens navorsing geniet 11% Vietnamese eierkoffie, 38% probeer gepekelde eiergele en 23% eet rou eiers oor rys. Byna die helfte (49%) verkies hul eiers rou of loperig, terwyl 66% meen hul ouers se generasie was baie meer kieskeurig.

Dit geniet baie aandag op sosiale media en ongeveer 79% van die jong mense ontdek nuwe eiertendense aanlyn – van eiergele wat in sojasous gemarineer word tot eksperimente met Worcestershiresous of Miso-sous vir ekstra geur.

Volgens British Lion Eggs is kos ’n manier om die wêreld te verken en sosiale media maak dit makliker om nuwe resepte te probeer.

Met die toenemende gewildheid van rou en loperige eiers beveel hulle aan verbruikers moet die British Lion-handelsmerk gebruik, want dit waarborg hoë voedselveiligheidstandaarde. 

Dit word ook aanbeveel deur Brittanje se gesondheidsdepartement. 

Vorige generasies het baklei oor hard- of saggekookte eiers, maar Gen Z verkies om met hul ontbyt te eksperimenteer. 

Lees meer dg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.