On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Chinese kleuter spog met bestuursvernuf

───   17:11 Mon, 16 Mar 2026

Weird Wide Web – Chinese kleuter spog met bestuursvernuf  | News Article
Shao Ziyan in sy tydrenmotor.

Jy het reg gelees! Shao Ziyan het sy tydrenjaersertifikaat van die Runracing Driving Academy op slegs vyfjarige ouderdom verwerf. Dit is duidelik ouderdom is vir hom net ’n nommer.

Shao het op eenjarige ouderdom belang gestel in tydwedrensimulators en voor sy derde verjaardag het hy knortjorre bestuur. Teen die tyd wat meeste kinders leer om hul skoene se veters vas te maak, het hy aan beroepstydrenne deelgeneem. 

Hy was vier jaar oud toe hy die Hope Star Award by die 2023 China Rally Sprint Championship gewen het. In simulators soos DiRT Rally 2.0 en WRC 10 was hy onder die top-30-bestuurders in die wêreld. Sy pa het besluit om 'n regte tydrenmotor vir hom aan te pas. 

Lees ook: The Journey of Nthabiseng Molongoana: Choosing hope in the face of tragedy

Op vyfjarige ouderdom het Shao die RUNRACING Driving Academy Training Certificate ontvang en is amptelik China se jongste gelisensieerde tydrenjaer. Verlede jaar het hy ’n aangepaste motor bestuur tydens die China Wuyi Automobile Rally.

Sy pa het ongeveer $116 000 belê in tydrenmotors en gevorderde simulatorrekenaars en is dikwels Shao se medebestuurder in tydwedrenne. Ondanks sy vaardighede bestuur Shao nooit op openbare paaie nie. Al sy wedrenne vind op spesiale bane plaas en voldoen aan padveiligheidswetgewing.

Lees meer dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.