On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Kunsmatige Intelligensie-skeppings kry ’n knou!

───   15:38 Mon, 30 Mar 2026

Weird Wide Web: Kunsmatige Intelligensie-skeppings kry ’n knou! | News Article

Namate KI-gebruik wêreldwyd groei, het baie inhoudskeppers begin om standpunt in te neem teen die oorbenutting daarvan, sommige skep selfs KI-vry etikette vir hul werk.

Kunsmatige intelligensie (KI) het vinnig deel geword van ons alledaagse lewe – van besigheid en onderwys tot kuns en vermaak. Maar soos wat KI groei, groei die bekommernisse ook… oor werksgeleenthede wat kan verdwyn, en ’n toenemende nuuskierigheid onder mense wat wil weet: Is dit deur ’n mens gemaak, of deur ’n masjien?

In reaksie hierop het verskeie groepe begin om “KI-vry” etikette te ontwikkel om te wys dat inhoud sonder die hulp van KI geskep is. Die probleem? Daar is nog geen wêreldwye standaard nie.  Tans is daar verskeie etikette beskikbaar, elk met sy eie reëls, en kenners waarsku dit kan mense eerder verwar as help.

Sommige van hierdie etikette kan gratis afgelaai en gebruik word. Ander is baie strenger, en vereis dat skeppers moet bewys dat hulle nie KI gebruik het nie voordat hulle die etiket mag gebruik.

Credit: ArtStation

Die Britse organisasie Books By People laat uitgewers byvoorbeeld eers hul etiket gebruik ná ’n deeglike hersieningsproses – insluitend vergaderings om presies te verstaan hoe die inhoud geskep word.

In sekere gevalle moet jy ook betaal om ’n “KI-vry” etiket te gebruik. Een organisasie, AI-Free Cert, vra ongeveer 80 c per etiket, en gebruikers moet hul werk ook deur die organisasie se eie KI-opsporingstelsel stuur.

Dit is glas nie verrassend nie dat baie skeppers nie juis lus is om te betaal om te bewys hulle is menslik nie. Maar bemarkingskenners glo dit kan binnekort verander; met “100% mensgemaak” wat dalk ’n voorste verkoopspunt kan word – net soos “organies” in die voedselbedryf.

Lees meer en hier sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.