On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Feel Good Friday – Man se lewe verander binne enkele minute

───   15:50 Fri, 26 Jun 2026

Feel Good Friday – Man se lewe verander binne enkele minute  | News Article
Man se lewe verander danksy iemand wat in hom glo. Foto ter llustrasie

Sowat 20 jaar gelede is Jason “J-Mac” McElwain se lewe danksy ’n basketbalwedstryd vir altyd verander. Dit het miljoene mense wêreldwyd geïnspireer.

Op driejarige ouderdom is outisme by Jason gediagnoseer. Dokters het destyds vir sy familie gesê hy sou waarskynlik nooit normaal kan praat of loop nie. 

Jason het geweier dat dit sy lewe bepaal en sy grootste passie was basketbal. Op hoërskool in New York was hy die span se bestuurder en het elke oefening en wedstryd met oorgawe ondersteun.

In 2006 besluit die afrigter om hom die laaste vier minute van ’n wedstryd te laat speel. Wat daarna gebeur het, het sportgeskiedenis geword.

Jason het 20 punte in net vier minute aangeteken. Die toeskouers was in ekstase en die video het wëreldwyd opslae gemaak. J-Mac het oornag ’n inspirasie geword en ook ’n ESPY-toekenning vir sy ongelooflike prestasie ontvang.

Vandag rig hy basketbal af by ’n hoërskool, is ’n ywerige langafstandatleet, skrywer en motiveringspreker. Hy moedig veral mense op die outismespektrum aan om in hulself te glo en nooit moed op te gee nie.

J-Mac se storie is ’n bewys as iemand in jou glo kan een kans jou lewe vir altyd verander. 

Lees meer dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.