Offbeat
Weird Wide Web – ‘Huur 'n braaimaat’ nou ’n neiging in Rusland─── 15:50 Mon, 20 Jul 2026
In Rusland kan jy nou vir enigiets tussen $15 en $65 per dag ’n vreemdeling huur om jou geselskap te hou terwyl jy braai.
En hulle is nie net daar om te eet nie! Sommige sal die vuur aansteek, die vleis braai, die tent opslaan, help met die inkopies, en selfs die gesprek aan die gang hou met grappe en snaakse stories. Dis basies ’n alles-insluitende braaipakket, net sonder die ongemaklike familie-argumente.
Daar is egter ’n paar reëls. Die diens word tans slegs vir mans aangebied, en die advertensies maak een ding baie duidelik: Jy betaal vir die geselskap, nie 'n lewenslange vriendskap nie. As jy nog ’n dag saam wil deurbrin, sal jy weer moet betaal.
Kenners sê die diens word al hoe gewilder omdat mense soms eenvoudig iemand wil hê om 'n aand mee te deel – al is dit net vir ’n paar uur.
Dink jy dit sal ooit in Sentraal-Suid-Afrika werk? Of sou ons net die bure nooi en vir hulle sê: “Bring net jul eie kampstoele!"
Lees meer sm
