On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Gebruik van skenkervet neem toe saam met gewildheid van gewigsverliesprogramme

───   15:45 Mon, 27 Jul 2026

Weird Wide Web – Gebruik van skenkervet neem toe saam met gewildheid van gewigsverliesprogramme | News Article

’n Kosmetiese behandeling in die Verenigde State word ongelooflik gewild, veral onder mense wat baie gewig verloor het met behulp van medikasie soos Ozempic en Mounjaro.

Die behandeling staan bekend as AlloClae, en in plaas daarvan om jou eie liggaamsvet te gebruik, word spesiaal verwerkte skenkervet van oorlede orgaanskenkers gebruik.

Maar voordat jy sommer nee dankie sê – só werk dit: Wetenskaplikes verwyder al die lewende selle en DNS uit die weefsel, en laat net ’n natuurlike raamwerk van kollageen en proteïene oor. Ná die inspuiting gebruik jou liggaam dié raamwerk om nuwe weefsel te vorm en volume terug te gee aan plekke soos die borste, heupe of boude.

Lees ook: Weird Wide Web – Kan seemeeue om ‘dronk’ word?

Dokters sê baie mense wat vinnig gewig verloor, is baie gelukkig met ’n kleiner middellyf, maar minder gelukkig wanneer hulle ook volume verloor op plekke waar hulle dit eintlik wou behou. Gewoonlik gebruik chirurge ’n pasiënt se eie vet vir sulke prosedures, maar ná groot gewigsverlies is daar dikwels nie genoeg oor nie.


’n Plastiese chirurg in New York sê die meeste pasiënte steur hulle glad nie aan waar die materiaal vandaan kom nie. Hulle hou eerder daarvan dat die prosedure min hersteltyd verg en sekere probleme van tradisionele vullers kan vermy.

Dié behandeling is egter nie goedkoop nie. Afhangend van die prosedure, kos dit tussen R90 000 en meer as R800 000, met sommige voorste behandelings wat na bewering tot R1,8 miljoen kan kos.

Hoewel daar steeds etiese vrae oor die gebruik van skenkerweefsel vir kosmetiese behandelings bestaan, neem die gewildheid daarvan steeds toe.  Een ding is seker … skoonheidsneigings raak net al hoe vreemder!

Lees meer sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.