On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Ontmoet Japan se yskas vir mense

───   17:13 Mon, 27 Jul 2026

Weird Wide Web – Ontmoet Japan se yskas vir mense  | News Article
Japan se verkoelingshokkies. Foto verskaf

Om die ongelooflik warm somersdae in Japan te oorleef, glo ’n verkoelingsmaatskappy hy het die perfekte oplossing gevind het.

Die Do Hiemon Box is soos ’n persoonlike verkoelingshokkie. Jy klim binne die sogenaamde yskas, gaan sit, en koel lug word op jou kop, nek, skouers en rug geblaas. Die lug word verkoel tot 5 °C  en die vervaardiger beweer tien minute is lank genoeg om jou liggaamstemperatuur vinnig te laat daal en hitteuitputting te voorkom.

Dit hou die binnekant op ’n aangename temperatuur, bied drie verskillende temperature en skakel ná 20 minute outomaties af sodat gebruikers nie te koud kry nie. Dit gebruik ook sowat die helfte van die elektrisiteit van 'n gewone draagbare lugversorger en kan maklik rondbeweeg word danksy ingeboude wiele.

Die “mens-yskas” word aan maatskappye en regeringsinstansies in Japan verkoop teen ongeveer R165 000 per eenheid. Van die munisipaliteite oorweeg dit om dié verkoelingshokkies in openbare ruimtes op te rig sodat enigeen gratis daar vir ’n paar minute kan afkoel. 

Wie weet, dalk is dit eendag heeltemal aanvaarbaar om in die yskas te staan wanneer dit warm raak!

Lees meer dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.